fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Die Nag van God se Oordele

Johan Malan - Afrikaanse Artikels

Opsomming: Tye van goddelike oordele word altyd in die Bybel as ‘n donker tyd beskryf.

Vir Christene is daar profeties goeie nuus want die Here kom ons haal. Vir die ongeredde wêreld wag daar die nag van God se oordele in die verdrukking.

“Wagter, hoe ver is die nag? Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag” (Jes. 21:11-12).

Wat die profesieë oor die eindtyd betref, is dit duidelik dat daar vir sommige mense ‘n nuwe môre gaan aanbreek, terwyl dit vir baie ander nag gaan word. Vir die Christene breek daar ná die wegraping ‘n nuwe dag in die teenwoordigheid van die Here aan. Dit sal op die duisendjarige vrederyk op aarde uitloop, wanneer die lig van God se geopenbaarde koninkryk met Christus as Koning, die hele aarde sal verlig.

Vir die sondaars gaan dit egter nag word. Ná die wegraping sal die Christene, wat geestelik gesproke die lig van die wêreld was, skielik weg wees. Dan sal die uur van die duisternis op aarde aanbreek en die koninkryk van die Antichris geopenbaar word. Ná ‘n valse vrede van 3½ jaar sal daar ‘n groot verdrukking van nog 3½ jaar aanbreek, waartydens die oordele van God oor die wêreld uitgestort sal word. Dit sal ‘n tyd van groot duisternis en benoudheid wees:

“En in dié dag sal dit oor hulle dreun soos die gedreun van die see. As iemand die aarde aanskou, kyk, daar is angsvolle duisternis" (Jes. 5:30).

“'n Dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag… Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom” (Joël 2:2, 31).

“Wee die wat na die dag van die Here verlang! Wat sal tog die dag van die Here vir julle wees? … Is die dag van die Here nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder 'n ligstraal?” (Amos 5:18, 20).

“Dié dag is 'n dag van grimmigheid, 'n dag van benoudheid, 'n dag van benoudheid en angs, 'n dag van woestheid en verwoesting, 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag” (Sef. 1:15).

“Ja, ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die Here” (Sef. 1:3).

Hierdie oordele van die dag van die Here sal in die eindtyd, nét voor die wederkoms van Christus, plaasvind. Dan sal groot duisternis en benoudheid skielik op die aarde toesak. Oor dié tyd het die Here Jesus gesê:

“Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie… En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid” (Matt. 24:21-22, 29-30).

Hieruit blyk dit onteenseglik dat die oordele van die dag van die Here in die eindtyd plaasvind – nét voor die wederkoms van Christus.

Toe die Christene van die vroeë Christelike kerk erg in die Romeinse Ryk vervolg is, het hulle gedink dat die dag van die Here aangebreek het. Paulus sê egter in 2 Thessalonicense 2 vir hulle dat die dag van die Here nog nie aangebreek het nie omdat die Antichris, as die mens van sonde, nog nie geopenbaar is nie.

In 95 n.C. het Johannes visioene oor die eindtyd gesien waarin baie besonderhede oor die geweldige oordele en rampe van die dag van die Here in die groot verdrukking gegee word (Op. 6:12-17; 16:1-21).

Is hierdie oordele ook vir die Christene bedoel? Nee! Ons is nie vir die oordele en toorn van God bestem nie (1 Thess. 5:9), net soos wat Noag en Lot ook nie daarvoor bestem was nie. Vir ons kom nie die nag nie, maar die môre wanneer ons in die persoonlike teenwoordigheid van die Here Jesus sal wees (Luk. 21:36).

Aan die einde van die groot verdrukking sal ons saam met Christus terugkom wanneer Hy die magte van die duisternis sal verdelg om die koninkryk van die lig op aarde te vestig. Ná die duisternis van die groot verdrukking sal die lig van die vrederyk helder verrys met Jerusalem as die hoofstad van die wêreld, daarom sê die Here vir Jerusalem en sy inwoners:

“Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jou sal Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang" (Jes. 60:1-3).

Die regverdiges wandel in die lig omdat hulle deur die wedergeboorte kinders van die lig is:

“Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here – wandel soos kinders van die lig” (Ef. 5:8).

“Terwyl die pad van die regverdige is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe, is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie” (Spr. 4:18-19).

“Ons moet die deugde verkondig van Hom wat ons uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig” (1 Pet. 2:9).

“En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig” (Joh. 3:19).

Baie van die ongeredde mense wat steeds in die duisternis wandel, sluit by kerke aan sonder om waarlik hulle saak met die Here reg te maak. Vormgodsdienstige kerklidmate sal nie onbepaald hiermee wegkom nie, want die Here sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en die kaf met onuitbluslike vuur verbrand (Matt. 3:12). Die skeiding tussen die ware en valse gelowiges vind by die wegraping plaas. Vir die een groep breek die lig van ‘n nuwe dag aan, en vir die ander groep word dit nag.

Wanneer die uur van die duisternis in die verdrukking aanbreek en die mens van sonde geopenbaar word (2 Thess. 2:3-11), kry die koninkryk van die duisternis mag om ‘n skrikbewind oor die onbekeerde mensdom te voer. Dan sal daar weer gesê kan word: “Dit is julle uur en die mag van die duisternis” (Luk. 22:53).

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 1240
Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt I grew up in “happy-clappy” churches. My family church-hopped a bit when I was in primary school. In high school, we got more and more involved in churches that followed the Word of Faith movement. They often invited big names from overseas. We would attend these prophetic or healing and miracle services. We also watched tapes of their so-called ‘Revival meetings’.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
One has only to examine the Bible to find abundant references condemning the use of alcoholic beverages. In fact, if the preacher is to stick to his Bible, preach the whole truth, and be…
Twee van die sondes waarteen mense ‘n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat sê die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is? Drankgebruik Een van die algemeenste argumente waardeur mense drankgebruik wil regverdig,…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

Questions Answered

Questions Answered

Being a Christian and drinking alcohol, what does the Bible say?
The Dangers of Moderate Drinking
John B. Gough (1817-1886) Born in Sandgate, Kent, England in 1817, Gough immigrated to the United States when he was only twelve years old. His mother and sister also came to America. His mother died of a stroke and Gough,…

Read more

Beer and Wine: The Bible’s Counsel
Doesn't the Bible refer in a number of places to wine and strong drink? Don't we quite often find people drinking alcohol in the Bible? Can't we assume, then, that Scripture generally does not condemn drinking alcoholic beverages? It's true that…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Heiligmaking

'n Rein hart gevul met die Heilige Gees

/Volkome%20Heiligmaking
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17). Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
/Gaan
aan%20na%20Volwassenheid
In Heb 3 & 4 wys die skrywer vir ons die wonderlike belofte van God se rus, wat ‘n rein en oorwinnende lewe in Christus is. Hy vertel van hierdie belofte, en dan vermaan hy die Hebreërs in hoofstuk 5:12-14 dat hulle moet voortgaan na volwassenheid want hulle is nog kinders in die geloof.
/Die%20pad%20na%20Heiligmaking
Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie. Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Kol 2:6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, 1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit. Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het. Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees. Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
by Marius Wolfaardt Christian Lifestyle
Col 2:6 As therefore ye received Christ Jesus the Lord, so walk in him, 1. Whatever the Lord tells you to do, do it. Joh 2:5 “His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.” Don't do more or less, but, just that which He tells you to do. Mat 28:20 “teaching them to observe all things whatsoever I commanded you: and lo, I am with you always, even unto the end of the world.” If you do what He tells you to do, He will be with you unto the end of the world. Always do what Jesus would do, measure everything according to this rule.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Hoe hanteer ek dit?

Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Binne in die moeilike tye is die Here reeds besig om iets nuuts te maak, al sien jy dit nie raak terwyl jy in die vuur is of deur die rivier gaan nie. God het ‘n plan. Rou is natuurlik en is iets wat moet gebeur, dit is ‘n proses om deur te werk, maar daarna moet jy ook aan beweeg en nie hier vasval nie.

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website